Met dapper en stapper

Met dapper en stapper

Gansbaai Courant

Ena Geldenhuys neem die donasie in ontvangs.

Lede verbonde aan die SAPD Gansbaai neem al vir die afgelope drie jaar deel aan die Kannaland vasbyt wat te Ladismith (Kaapprovinsie) plaasvind. Dit behels die stap van 75km wat oor 2 dae strek. Die eerste dag word daar 40km gestap en die daarop volgende dag 35km.

Die lede neem hul stap baie ernstig op en probeer om elke jaar op hul tye te verbeter. Hierdie jaar het hulle besonders goed gevaar. Die eerste dag se 40km was in 'n tyd van 5 uur 43 minute voltooi. Die volgende dag was die afstand van 35km in 5 ure 7 minute afgelê.

Die lede poog elke jaar om donasies in te vorder vir hierdie geleentheid. Na die voltooiing van Kannaland word surplusfondse geskenk aan liefdadigheidsorganisasies. Hierdie jaar het die lede ooreenstemming bereik om hierdie betrokke donasie te skenk aan Gansbaai Tuisversorging. Hulle is betrokke by onder andere die tuisversorging van pasiënte wat bedlêend of verswak is. Hulle verrig 'n enorme taak en die spanlede wil hierdeur ook hul waardering teenoor die persone uitspreek vir wat hulle vir die gemeenskap doen. Ena Geldenhuys het die donasie ontvang.

Vir enige navrae kan Ena by 073 097 2277 gekontak word.


Die SAPD Gansbaai se dapper stappers

Met dapper en stapper

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant