Liedjieboer Rumoer

Liedjieboer Rumoer

Gansbaai Courant

Die derde reeks van 13 programme van  Liedjieboer Rumoer op RSG het Maandag begin. Liedjieboer Rumoer is 'n kultus musiekreeks met musiek wat nie op die algemene speellyste voorkom nie.

Die eerste een was algemeen en oor verskeie genres, die tweede reeks was  oor singer-songwriters en die derde een wat 7 Oktober begin, gaan oor bands - vanaf AC/DC tot ZZ Top en alles tussenin. Uit die aard van die saak is dit moeilik om vas te stel hoeveel bands daar tans in moderne musiek is oftewel binne die wye definisie van rock. Daar is ook verskeie genres binne die speelveld van rock, o.a. heavy metal, folkrock, countryrock, indie, alternatief, grunge, punk, ens.

Om hierdie hele speelveld in 13 programme te dek en reg aan te laat geskied, is haas onmoontlik, so die programreeks sal elke aand fokus op een van die grotes bv Led Zeppelin, Rolling Stones, Pearl Jam ens, asook van die nuwe bands soos Alabama Shakes, Of Monsters and Men, Mumford and Sons, Vampire Weekend, Noah and the Whale, Florence and the Machine, ens. Dit laat dan ook ruimte vir bands wat dalk nie so bekend is as die grotes nie, soos Flogging Molly, Tool, Little Feet, Bullet for my Valentine, Union Station,ens.

Die eerste episode sal soos voorheen 'n algemene inleiding wees. Bands wat nie 'n onafhanklike eenheid is nie maar net ondersteuend vir 'n sanger is  buite rekening gelaat, asook elektroniese bands wat nie van regte instrumente gebruik maak nie.  Soos in die vorige reekse word die musiek toegelig met interessante feite rondom die werk en kunstenaars. Die programreeks word opgeneem en verpak in Gansegat in Walkerbaai.

Dus, Maandagaande tussen 9 en 10 op RSG is dit tyd vir jou kultus muti musiekinspuiting met jou gasheer, Anton Goosen.

Liedjieboer Rumoer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant