SuperSpar se Pretdag

SuperSpar se Pretdag

Gansbaai Courant

‘n Deel van Gansbaai Superspar se personeel besig om te dans en te sing saam met Jurie Crous se kitaarmusiek tydens ‘n “It’s Great to be South African” pretdag in die winkel   Foto: Francois de Jongh

“It’s Great to be South African, is ‘n inisiatief van Sparhoofkantoor wat alle winkels in Suid-Afrika en Namibië betrek, ingesluit ‘n kompetisie vir alle winkels wat uit sekere komponente bestaan,” vertel Riana Enslin van Gansbaai Superspar. Een van hierdie komponente is om vir voldoende pret te reël, met die winkels wat dan beoordeel word.

Gansbaai Primêr se Marimba-orkes in aksie (Foto's Francois de Jongh)

Gansbaai Superspar se deelname aan hierdie inisiatief het verlede Vrydag op ‘n baie gesellige dag met vele pret, sang, dans en pryse uitgeloop. Gansbaai Primêr se uitmuntende Marimba-orkes onder leiding van Deon du Toit, Jurie Gouws met sy kitaar, Gansbaai Laerskool se netbal- en rugbyspanne en die Sparpersoneel met hulle danspassies en samesang, het alles tot ‘n suksesvolle en gesellige pretdag bygedra. “870 webers, asook R100,000 se Spar geskenkbewyse aan 50 wenners kan gewen word. Hierdie wenners word deur Sparhoofkantoor getrek, maar die wenners van die weber en vleishamper van R500 sal aan die einde van die veldtog deur ons in Gansbaai getrek word,” sê Riana.

“Ons het ook ‘It’s great to be South African’ T-hemde gedurende die veldtog uitgedeel en ons winkel is verlede Vrydag beoordeel.” Riana hou graag die volgende bedankings (alfabeties) voor: Gansbaai Primêr (Marimba-orkes), Jeandre de Bod en Heinrich du Plessis (Fotograwe), Jurie Crous (Kitaarspel) en Laerskool Gansbaai (Netbal- en rugbyspanne).

Hardus Botha


Laerskool Gansbaai se rugby- en netbalspanne

SuperSpar se Pretdag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant