Helmie se Blindeproe

Helmie se Blindeproe

Gansbaai Courant

Oorhandiging van blyke van waardering, met agter vlnr Ans Scholtz en Helmie de Vries en voor vlnr Tamlyne Aploon, Chamonique Sauls en Annica van Coller

Helmie de Vries, voorsitter: Gansbaai Wynproegilde, het dit weer eens met ‘n “Blinde Wynproe-aand” reggekry om lede en gaste in verbasing te dompel met heerlike wyne teen bekostigbare pryse en wat sommer hier op almal se drumpel beskikbaar is.

Die wynproe-geleentheid is deur Helmie self in die Great White House, Kleinbaai aangebied. 14 wyne, waarvan die bottels met bruinpapier toegedraai is, is geproe en goeie puntetoekennings is daarvoor gemaak - soortgelyk aan duur wyne van wynkelders wat al hier geproe en beoordeel is. Die proe-wyne het bestaan uit 3 sjerries (R28.50 tot R73.00), 4 witwyne (R22.50 tot R30), 4 rooiwyne (R22.50 tot R35.50) en 3 soetwyne (Hanepoot R46.00, Muskadel R49.00 en Port R47.00) - heel bekostigbare pryse en almal lokaal beskikbaar.

Een van die wyne wat “blind” geproe is, is die Koelenhoffer, ‘n Saugvignon Blanc teen R30 per bottel van Koelenhof Wynkelder, waar Helmie die bestuurder/wynmaker was en nou deur twee van sy bekwame seuns bedryf word, is in die “Best Value Wine Guide - 2014” as “The best South African Saugvignon Blanc under R80” aangewys. “Vir die interessantheid daarvan, kan ek net noem dat die Monis Sherry nie ‘n oesjaar, soos die geval met wyne, het nie, aangesien die Solera sisteem waarvolgens dit gemaak word, oor etlike jare heen strek,” het Helmie gesê.

Hy het ook genoem dat ‘n opname getoon het dat dames die grootste aankopers van wyn is. Rensa Stemmet van die Great White House se spyskaart was net die regte medisyne saam met die vele geproeëry: Voorgereg - Fish Chowder Soup & Vars Brood; Hoofgereg - Meatball met sous op mash potato en groente; Nagereg - Vlakoek & Roomys.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Helmie by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan hom by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Helmie se Blindeproe

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant