Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Oomblik kort voor die bediening van die Heilige Nagmaal tydens ‘n gesamentlike Erediens in die NG-gemeente Gansbaai
Alle streke was verteenwoordig: Gansbaai, Baardskeer-dersbos, Pearly Beach en die VGK-gemeente in Blompark. Die diens is deur ds Dirk van Dyk gelei, met sy boodskap wat op Matt 12:49/50 en Eff 2:19 gebaseer was, met Christus wat geantwoord het dat sy dissipels sy moeder, susters en broers is toe Hy gevra is wie sy moeder en sy broers is.
“Dit kom daarop neer dat almal van ons broers en susters van die huisgesin van God is,” het ds Van Dyk onder andere gesê. “Dus kan ons aan God as ‘n soort familie dink, waar die onderlinge band tussen gelowiges selfs sterker as bloed-gesinsbande is.”
Die NG Kerkkoor onder leiding van Aletta Lochner, asook die VGK kerkkoor onder leiding van Nita Faber, het die gemeente met pragtige koorsang bedien, met Annelene Reinke as begeleier agter die kerkorrel en klavier. Verversings is na afloop van die gesamentlike Erediens in die Kleinsaaltjie geniet, waar almal gesellig saamgekuier het.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...