Bietoubossers se Lentevrolikheid

Bietoubossers se Lentevrolikheid

Gansbaai Courant

Vlnr is die twee sangbegeleiers, Mike Schröder en Dirk Buchner, saam met die voorsangers, Liesje van Woerkom, Glouda Andrews en Aletta Lochner

“Terwyl die reën en stormwind buite gewoed het, was die Bietoubossers in die NGK se Kleinsaaltjie op 10 September die ene sonskynglimlagte - ons het Lente gevier,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. Dirk Buchner en Mike Schröder het vir vrolike lente-musiek gesorg, met die Bietoubossers wat heerlik saamgesing het.

Elizma sê twee van die Birkenhead Boothengelklub se lyndansers, Margi Muller en Eva Buchner, het die oggend verder met hulle lyndanspassies opgevrolik. Ook hier kon die Bietoubossers nie stilsit nie en het lustig meegedoen. “Aletta Lochner en Marie de Jager kan beslis tevrede voel met ‘n gesellige en suksesvolle lente-oggend wat hulle aangebied het,” sê Elizma. Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is op 8 Oktober in die Kleinsaaltjie.

Vir navrae kan hulle voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 gekontak word.
Hardus Botha


Eva Buchner en Margi Muller tydens hulle Lyndans-optrede by die Bietoubossers se Lente-byeenkoms

Bietoubossers se Lentevrolikheid

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant