Nie te sleg nie

Nie te sleg nie

Gansbaai Courant

Eers gou die jongste hengelnuus, daar word wel geelbek gevang, máár jy moet weet waar! Vanaf ‘n baie betroubare bron verneem ek dat hulle gereeld van hierdie visse vang en verlede naweek het hulle goed gevaar. Al wat ek kan verklap is dat dit in die omgewing van die Punt is en op ongeveer 45 meter water. Dit laat natuurlik ‘n wye gebied oop, maar is dit nie beter as niks nie? Galjoen word ook gevang maar word nie juis in oorvloed gevind nie. Somtyds lyk die water reg maar dan lê die probleem weer by die watertemperatuur. Die weer verander ook gedurig en moet beslis in gedagte gehou word. Die manne wat ken van steenbras kan met reg spog dat hulle gereeld panne en roosters moet skoonmaak, so daar is nie klagtes nie. Onthou tog dat die hengelseisoen op die 14e van hierdie maand toemaak, so gaan jy die 15e soek jy moeilikheid!

Verlede week is daar gewys op die gevare van jou anker en veral die intrek daarvan. Hierdie week wil ek graag attent maak op ‘n ander probleem wat kan opduik wanneer jy met jou boot op see is. Dit gebeur somtyds dat wanneer jy die aansitter van die motor gebruik daar geen reaksie is nie. Een waarskynlike oorsaak is dat die krag vanaf die battery na die aansitter afgesny is. Jy is op see en een motor wat nie werk nie kan ‘n groot probleem word. Dis dalk net ‘n sleg konneksie by een van jou batterykoppelings of jou smeltdraadjie (“fuse”) wat die gees gegee het is moontlik die sondebok. Na die koppelings skoongemaak is en dit nie gehelp het nie, konnekteer ‘n kragdraad vanaf die positiewe pool by die battery direk aan die kragpunt by die aansitter. So behoort jy suksesvol te wees, indien die fout is soos hierbo beskryf.   

Lekker vang, Seemeeu

Nie te sleg nie

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant