Miss Senior Gansbaai

Miss Senior Gansbaai

Gansbaai Courant

Voor vlnr is Cornelia Cloete (2de Prinses), Emmie October (Miss Snr Gansbaai) en Smittie van Rensburg (1ste Prinses). Agter vlnr is Carli Bezuidenhout, Marie Fourie (Miss Best Dressed), Cindy Appel, Natalie Theunissen, Suraya Jacobs en Bettie Booysen (Miss Personality).

‘n Suksesvolle en gesellige modeparade vir Internasionale Bejaarde Dag is vir bejaardes van Oak Grove Nasorgsentrum, Silwerjare Dienssentrum en Herberg-aan-See gereël. Maatskaplike Werkers van die Dept Maatskaplike Ontwikkeling se Caledonkantoor, het die byeenkoms gereël, met Natalie Theunissen as organiseerder en seremoniemeester en Carli Bezuidenhout, Cindy Appel en Suraya Jacobs as die beoordelaars. Die geselligheid is te Silwerjare Dienssentrum aangebied en die 14 deelnemers was duidelik baie trots op hulself gewees.

Ná ‘n “spanningsvolle” wedywering en model-stappery (formele- en ontspanne drag) tussen die deelnemers, is die finaliste aangewys, wat weer ‘n laaste rondte voor die beoordelaars moes verbystap.

Die finale aankondiging is onder groot toejuiging aangehoor: Miss Senior Gansbaai - Emmie October; 1ste Prinses - Smittie van Rensburg; 2de Prinses - Cornelia Cloete; Miss Personality - Bettie Booysen; Miss Best Dressed - Marie Fourie.

Die geselligheid het met smaaklike verversings gepaard gegaan, terwyl Sylvia Salo van Oak Grove Nasorgsentrum vir sangitems gesorg het, met opgewekte samesang deur die gaste en deelnemers.

“Ons bedank graag Caledon se Maatskaplike werkers vir hierdie mooi inisiatief, asook vir Gansbaai Superspar en Lekkerbek vir die verversings,” sê Jacoba Europa, Bestuurder: Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum.      

Hardus Botha

Miss Senior Gansbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant