OK Foods Gansbaai gekroon as Wenner

OK Foods Gansbaai gekroon as Wenner

Gansbaai Courant

Chris en Petra van Rensburg van OK Foods Gansbaai het hulle prys vir die Franchisee van die Jaartoekenning tydens die jaarlikse konferensie in Beijing, China ontvang.

Wanneer dit kom by die ontginning van talent en algehele uitmuntendheid skroom die OK Franchise Divisie (OKFD) glad nie om die standaarde so hoog moontlik te stel nie en sodoende die beste van sy Franchisees te verkry nie. OK se spoggerige Franchisee van die Jaartoekennings-seremonie het hierdie jaar plaasgevind by hul jaarlikse konferensie te Beijing, China in September, en het weer eens bewys hoekom die OK Groep, na aansienlike vordering en groei, tops is in die kleinhandel-industrie. Buiten verskeie toekennings vir lojaliteit en getroue lidmaatskap het die OK groep ook die tophandelaars in vier van hulle winkelformante vereer met die gesogte Franchisee van die Jaar titel. Hierdie jaar het Chris en Petra van Rensburg van OK Foods Gansbaai met die wentitel in die OK Foods divisie weggestap. “Skok, ongeloof en opgewondenheid is wat ons beleef het toe hulle ons name as wenners uitroep. Dit is ‘n fantastiese voorreg om hierdie spoggerige toekenning te kan ontvang.”

Die Van Rensburgs en hul span het verskriklik hard gewerk om OK se hoë standaarde te handhaaf en beloof om die OK vlag selfs nog hoër te laat wapper in die toekoms: “Ons sal aanhou strewe na sukses en beloof om te verbeter op dit wat ons reeds bereik het. Ons beoog om ingelig te bly oor nuwe tendense wat bemarking, tegnologie en produkte betref en sodoende altyd die beste inkopie-ervaring vir ons klante te bied.”

OK Foods Gansbaai en die ander meedingers moes almal sorg dat hulle voldoen aan ‘n streng en omvattende lys van kriteria waarvolgens hulle oor die loop van ’n jaar beoordeel is. Hierdie lys sluit ontwikkeling, algemene winkelstandaarde, klante diens, personeel-motivering, gemeenskaps-betrokkenheid, administra-tiewe uitmuntendheid en lojaliteit in. Hulle moes veral aandag gee aan die prentjie in sy geheel om seker te maak dat alle aspekte van kleinhandel vervolmaak is. OK Foods Gansbaai is dus waarlik ‘n goeie voorbeeld van hoe ‘n kleinhandelaar behoort te wees.

Chris van Rensburg deel ‘n wenk vir volgende jaar se aspirant wenners: “Moenie jou besigheid van die gholfbaan probeer bestuur nie – wees betrokke en pro-aktief.”
Besoek Chris en Petra van Rensburg en hul span vandag nog en beleef ‘n fantastiese inkopie-ervaring en sien presies wat hulle laat uitstyg het bo die res en dus gesorg het dat hul bekroon word met die gesogte Franchisee van die Jaar-toekenning.

OK Foods Gansbaai gekroon as Wenner

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant