Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Marieta Rademeyer van Gansbaai Primêr
Marieta Rademeyer van Gansbaai Primêr het op 5 Oktober vanjaar weer eens ‘n toekenning ontvang. Sy is as een van 62 genommineerdes na ‘n spoggeleentheid deur Inclusive Education Western Cape in die Moyo Kirstenbosch restaurant in die Kaap genooi. Die “Inclusive Education Recognition Luncheon” is ter viering van Onderwysdag aangebied, met Inclusive Education Western Cape wat sertifikate van waardering aan etlike individue en skole oorhandig het. “Die uitnodiging het my geheel en al verras en ek het geen idee gehad van wat gaan gebeur nie en ek dra ook geen kennis van wie my genommineer het nie,” het ‘n verheugde Marieta gesê. Die oorhandiging van die sertifikate is deur die MEC van die Wes-Kaap, mnr Donald Grant, waargeneem, waarna die gaste ‘n 3-gang maaltyd vanuit die boonste rakke geniet het. Inclusive Education Western Cape is ‘n nie-winsgewende organisasie wat inklusiewe onderwys bevorder en ondersteun.
Marieta is ‘n onderwyser van Gansbaai Primêr, verantwoordelik vir die Eenheidsklas (Leerders met spesiale leerbehoeftes), waarvoor sy onder andere al met ‘n Presidents Toekenning vereer is.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...