5 uit 8 kuier saam

5 uit 8 kuier saam

Gansbaai Courant

Vlnr en van oudste na jongste is Pearlie (79), Ida (78), Doris (77), Sannie (72) en Paulina (64), met voor vlnr Doris en Pauline se eggenotes, Fred en Thias.

Vyf susters uit ‘n gesin van agt kinders het onlangs gesellig in De Kelders saamgekuier. Van die oudste tot die jongste is hulle Pearlie (79), Ida (78), Doris (77), Sannie (72) en Paulina (64). Dan is daar nog drie broers van Saldanna wat nie die gesellige saamkuier kon bywoon nie, Hannes (76), Andries (73) en Danie (68). Op twee na (1 seun en 1 dogter) is almal dus 70-plus in lewensjare.

Die twee dorings op die foto is Fred (82), Doris se eggenoot en Thias (69), Paulina se eggenoot. Ida woon in Port Elizabeth, met Paulina en Thias wat in Somerset-Wes woon. Die ander drie susters, Sannie, Pearlie en Doris, asook Fred woon in Hoofweg, De Kelders, waar die geselligheid aangebied is. “Ons het die gerieflike huis netjies in twee verdeel, met Doris en Fred in die een gedeelte en ek en Pearlie in die ander gedeelte, met ‘n gesamentlike kuier- en braaiplek tussen ons,” vertel Sannie. Die agt kinders het hoofsaaklik in Port Elizaberth en later in Gordonsbaai grootgeword, met die meeste van hulle wat in Hottentots-Holland Hoërskool, Somerset-Wes op skool was. Die gesellige samesyn is spesiaal vir Fred se 82ste verjaardag op 22 Oktober gereël en dit is ‘n goeie vraag oor wie die meeste met die vleisbraaiery en kosmakery moes bontstaan - die 5 susters (meerderheid) of die 2 swaers! 

Hardus Botha

5 uit 8 kuier saam

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant