Strandlopertjies vra hulp

Strandlopertjies vra hulp

Gansbaai Courant

Die Strandlopertjie Learning Centre, of te wel die bekende Strandlopertjies, is na hulp en ondersteuning op soek. Die sowat 60 kleuters tussen die ouderdomme van 2 en 5 jaar het soos die land se “stroopsoetste” kleuters opgetree tydens Gansbaai Courant se besoek aan hulle.

Die skoolhoof, Joleze Sauls sê dit is veral hulp met etes soos pap, groente en vleis wat benodig word. “Ons verskaf twee maaltye per dag, ontbyt en middagete, en ons voedsel-bronne en finansies vind dit moeilik om by te hou,” sê sy. Dan is die kleuters bedags op die koue sementvloere en die skenking van matte/matjies sal ‘n groot aanwins vir die skooltjie wees. Vir noodsaaklike instandhoudingswerk aan die trappe by die stoep en die muur tussen die kombuis en die gebou, word sement en sand dringend benodig. “Soos by enige kleuterskool sal tweedehandse speelgoed en leesboekies ook ‘n groot aanwins vir die kleuters wees,” sê Ivan Cornelius, voorsitter van die Beheerliggaam. Die skooltjie is bedags tussen 07:00 en 14:00 in bedryf, terwyl hulle ook beplan om gedurende die Desember/Januarie skoolvakansie nasorg aan werkende moeders tussen 07:00 en 17:00 te bied.

Vir enige skenkings en/of donasies kan Joleze by 078-542-8379 geskakel word, of skakel vir Ivan by 076-504-6744.

Hardus Botha


Die spannetjie “stroopsoet” Strandlopertjies saam met personeellede, met Ivan Cornelius, voorsitter: Beheerraad heel regs en die skoolhoof, Joleze Sauls langs hom

Strandlopertjies vra hulp

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant