Academia Prestigeaand

Academia Prestigeaand

Gansbaai Courant

Gansbaai Academia se nuwe hoofleiers vir 2014 is laas Donderdag tydens hul vierde Prestige aand bekend gemaak. Vlnr: June Prins, onderhoofmeisie; Monica de Gouveia, hoofmeisie; Jack Swart, hoofseun en Joudun Rooi, onderhoofseun. 

Ongesiens het die tyd ons van agteraf bekruip en was die vierde Prestigeaand op ons. Vanjaar se spoggeleentheid het weer top kandidate vereer en is daar heelwat spesiale pryse oorhandig.

Die gasspreker was mnr Xola Kosi van Overstrand Munisipaliteit. Die Gansbaai Courant prys vir kreatiewe skryfwerk het aan Malcolm Mulope gegaan wat ook die redakteur van die skoolkoerant is.

Die sportvrou van die jaar is Melandi Steynberg en sportman van die jaar is Verrreynne van Tonder.

Die Junior meisie-dux het aan Janka Mans gegaan en die seun-dux aan Verreynne van Tonder. Die senior dux is Bianca de Koning wat ook die Kultuur trofee gewen het. Bianca is ook aangewys as die Prinsipaal – kandidaat. Die graad 8 top kandidaat was Llewellyn Davids wat ook akademiese erekleure ontvang het, graad nege het aan Analo Yawa gegaan, graad tien aan Jenica Conradie, graad elf aan Monique Grebe en graad twaalf aan Bianca de Koning.

Die nuwe hoofleiers is ook tydens die geleentheid aangekondig en is June Prins – onderhoofmeisie, Joudun Rooi – onderhoofseun, Monica de Gouveia – hoofmeisie en Jack Swart – hoofseun.

Ons wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om Superspar te bedank vir die druk van die sertifikate. 

Liezel Mostert

Academia Prestigeaand

Liezel Mostert

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant