Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Hannes Smuts spog met sy 5.9kg steenbras, die swaarste vis vir die dag
Die jaarlikse hengelkompetisie tussen Pearly Beach Rots- & Strandhengelklub en Alpha Rots- & Strandhengelklub het verlede naweek te Pearly Beach plaasgevind. “Net soos by al die ander hengelklubs, het die weersomstandig-hede weer eens nie saamgespeel nie, maar dit het nie die geharde visser-manne gekeer nie,” vertel Isolde Smith. Sy sê die Pearly Beach-span het in totaal 19.75kg vis ingeweeg, teenoor die Alpha-span se 8.35kg.
Dit klink na ‘n groot oorwinning, maar met die gemiddeld tussen die twee spanne van Alpha met 0.4175 (20 hengelaars) en Pearly Beach met 0.4948 (40 hengelaars), het die Pearly Beachers naelskraaps gewen.
“Maar ‘n wen is ‘n wen en die Trofee staan weer eens in Pearly Beach,” sê Isolde. “Ons sê graag dankie aan al die hengelaars van Alpha wat deelgeneem het, dit is altyd lekker om hulle hier by ons hier in Pearly Beach te kan ontvang.”
Sy vertel dat die “wen” natuurlik op tipies Pearly-styl met ‘n gesellige braai en saamkuier gevier is.
Vir navrae rakende Pearly Beach Rots- & Strandhengelklub kan Isolde Smith by 084-320-8613 gekontak word.
Hardus Botha
Pearly Beach se Johan (Hippo) Snyman ontvang die trofee van Jaco van Alpha Rots- & Strandhengelklub
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...