Rolbalnuus

Rolbalnuus

Gansbaai Courant

Vlnr Rinette Pratt, Hermien Fourie en Ihna Odendal

Op 15 Oktober 2013 het Franskraal Rolbalklub 'n driespel toernooi vir dames aangebied.  Dit is 'n jaarlikse instelling wat baie gewild geraak het by dames spanne van elders sowel as by spelers van Franskraal.  Vanjaar het spanne van Bredasdorp, L’Agulhas, Caledon, Hermanus, Kleinmond en Franskraal deelgeneem.  Dit het ook 'n instelling geword dat mev. Christie Groenewald van Kleinbaai hierdie toernooi borg en haar ondersteuning word hoog op prys gestel.  Sy was self ook teenwoordig by die toernooi.

Die toernooi was ook aangewend om bewustheid van kanker te bevorder en almal het 'n pink gedra kledingstuk (selfs die mans ook!) om die aandag daarop te vestig.  Dit het ook 'n kleurvolle vertoning op die perke geskep.

Ten spyte daarvan dat die weer nie mooi saamgespeel het nie, is goeie rolbal gespeel en die dames het dit wel geniet.  Die mans van Franskraal Rolbalklub het oudergewoonte vergoed vir die ietwat onplesierige omstandig-hede deur die dames te bederf met 'n smaaklike en baie aantreklike middag-ete en talle interessante geskenkies.

Die wenners van die toernooi was Hermien Fourie en haar span van Bredasdorp maar rolbal in die algemeen en kankerbewustheid het ook 'n groot slag geslaan.
Rolbal bly 'n spel wat deur almal geniet kan word.  Kom kyk gerus en word deel van die rolbalfamilie!  

Pieter Conradie
 

Rolbalnuus

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant