Krieketnuus

Krieketnuus

Gansbaai Courant

Gansbaai Krieketklub het verlede Sondag tuis teen Caledon KK gespeel en ongelukkig verloor. Gansbaai het eerste gekolf en almal was vir 96 lopies uit. Caledon KK het 97/3 aangeteken en die wedstryd met 7 paaltjies gewen. Die klub wil ook vir Heinrich Vermeulen en Juan Havenga wat in hulle eerste wedstryd as Boland skeidsregters opgetree het, gelukwens. Hulle het gestaan in die wedstryd tussen North en Grabouw (Vroue KK).

Gansbaai KK het Sondag na Grabouw gereis om teen Waterboys KK te speel. Gansbaai het eerste gekolf en 271/7 in 40 boulbeurte aangeteken. Corrie Avenant 88 lopies (12x4)(2x6) en P Janse van Rensburg 89 nun lopies (10x4)(6x6) het die Waterboys boulers uitmekaar geslaan. Melvin Tobias het ook goed gekolf 20 lopies (1x4)(2x6). Gansbaai was goed op pad na 'n oorwinning met Waterboys op 90/6 toe harde reën die wedstryd gestop het, en die wedstryd gelykop geëindig het. Drian Kriel (enkelbeseer)(8-1-37-3); Johathan Doyle (5-1-18-1) en Theuns Otto (3-0-25-2) was te veel vir Waterboys se kolwers. André Hage het ook Saterdag in sy eerste wedstryd opgetree as Boland skeidsregter.

Gansbaai speel Sondag tuis teen Stanford KK. Sterkte en voorspoed.

Krieketnuus

Heinrich Vermeulen

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant