Waarom antwoord U nie Here

Waarom antwoord U nie Here

Gansbaai Courant

“Ek roep na U om hulp, maar U antwoord my nie. Hier staan ek, maar U steur U nie aan my nie.” (Job 30:20)

“Teen twaalfuur die middag het daar duisternis oor die hele land gekom en dit het tot drie-uur geduur.  Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: My GOD, my GOD, waarom het  U My verlaat?” (Mar 15:33,34)

Voel jy ook vandag só? Soos ‘n Job van ouds wat nie kan verstaan hoekom sy 10 kinders dood is;

hoekom moes hy al sy besittings verloor het;  en hoekom moet sy liggaam gefolter word met soveel sere en pyn nie. Hoekom bly GOD stil in tye van my diepste nood? Steur Hy Hom regtig nie aan my nie?!

In een van die Robert Coles se boeke vertel hy die ware verhaal van ‘n pa wat eenkeer in die kerk, terwyl die priester gepreek het, vorentoe gestorm het met sy klein babadogtertjie in sy hande. Hy het die priester doodgeskreeu en sy dogtertjie hoër as sy kop na die Man aan die Kruis opgelig en vol emosie en met trane geskreeu: “HERE, waarom praat U nie self met ons nie? Hoekom kom kyk U nie self hoe dit met ons gaan en hoe siek my kind is nie? Ons wil nie meer net hoor wat sê die predikers oor U nie – praat self met ons!” (Uit Migrants, Sharecroppers, Mountaineers)

In hierdie tyd van ons kerklike jaar staan ons weer rondom die Kruis van Jesus Christus stil – en dis dalk slegs hier wat ons waarlik kan verstaan waaroor dit alles gaan. Kyk op na die Kruis en sien raak dat daar ‘n Man hang wat onskuldig tot die dood gestraf word – vir geen ander rede – as vir jou en my nie! Só groot is die afstand wat ons sondes tussen ons en GOD veroorsaak het, dat die afgrond net op één manier oorbrug kon word – deur die offerdood van die Lam, Jesus Christus.  Ja, só erg was Sy pyn dat Hy in Sy diepste uur van pyn en nood ook uitgeroep het: “My GOD, my GOD, waarom het  U My verlaat?” GOD het Hom ook nie geantwoord nie – want GOD IS DIE ANTWOORD!

Soos wat Jesus in Sy volgende kruiswoord hard uitgeroep het: “Vader, in U hande gee Ek my gees oor!” (Luk. 23:46) kan ons maar gerus in ons diepste pyn en nood ons volkome oorgee aan  ons hemelse Vader, wat, al praat Hy nie, ons soos Sy Seun, deur die doodgaan dra. GOD is elke oomblik saam met jou, betrokke in jou lewe – en al kan jy Hom nie sien en hoor nie, is Hy in beheer! Gee nou weer jouself heeltemal aan Hom oor – Hy sal jou deur alles dra!

GOD IS DIE ENIGSTE ANTWOORD!

Waarom antwoord U nie Here

Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant