Tuisversorging se Hobo aand

Tuisversorging se Hobo aand

Gansbaai Courant

Die gekroonde “Hobo”-koningin (3de van links), saam met haar mede-deelnemers

Gansbaai se Tuisversorgingspan onder leiding van Ena Geldenhuys het op 4 Oktober 2013 gesorg vir ‘n gesellige en suksesvolle “Hobo”-aand in Blompark se Gemeenskapsaal. Koerantpapier is as tafeldoeke gebruik en vis-en-skyfies is as ete voorgesit, met smaaklike gemmerbier wat in skoongemaakte visblikkies bedien is. “Daar was hope pret met opgewekte dansmusiek in die agtergrond,” vertel Ena.

Sy sê die span het ook ‘n humoristiese, maar leersame opvoering oor die tekens en simptone van tuberkulose aangebied, wat die gaste laat skaterlag het.

Op ‘n meer ernstige noot het Ena die gaste daarna oor die gevare wat tuberkulose vir almal inhou, toegespreek. Die gaste het spontaan besluit om self ook ‘n opvoering aan te bied, met enkele pryse wat gewen is.

Die besgeklede Visserman het ‘n prys van Fish Lady ontvang, met die “Hobo”-koningin wat ‘n kroon ontvang het en nog 4 ander pryse is aan wenners oorhandig. “Dit was ‘n moeilike taak vir die beoordelaars gewees om wenners te kies, aangesien almal se “Hobo”-uitrustings baie oorspronklik was,” vertel Ena.

Vroeër die maand het lede van Gansbaai SAPD, wat aan die jaarlikse Kannaland Vasbyt staptog deelgeneem het (Gansbaai Courant Donderdag, 10 Oktober 2013), besluit om ‘n deel van hulle surplusfondse vanjaar aan Gansbaai Tuisversorging te skenk, waarvoor groot dankbaarheid bestaan. “Baie dankie aan almal wat ‘n bydrae tot die aand se sukses gelewer het en veral dan aan die span versorgers, die beoordelaars, Fish Lady, Daleen Swart van Gansbaai Munisipaliteit en al die gaste wat die aand bygewoon het,” sê Ena.

Navrae rakende Gansbaai Tuisversorging en die groot werk wat deur hulle gedoen word, kan aan Ena Geldenhuys by 073-097-2277 gerig word.    

Hardus Botha

Tuisversorging se Hobo aand

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant