HaS se Groot Dankie

 HaS se Groot Dankie

Gansbaai Courant


Enkele personeellede en betrokkenes by HaS, met vlnr Len Olivier, Francia van Dyk, Hermine Groenewald, John van Rooyen, Anita van Dyk, Joe Mangiagalli, Suster Linda Meyer en Hennie Lochner

Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) het weer hulle gebruiklike Groot Dankie-funksieaand op Dinsdag, 15 Oktober 2013 aangebied. “Dit is eintlik ons jaarlikse Algemene Jaarvergadering, maar vanuit die perspektief van die Tehuis is dit eintlik ons jaarlikse dankie-sê funksie aan al ons vrywillige werkers, ondersteuners en donateurs gedurende die jaar,” het die seremoniemeester, Anita van Dyk gesê.


Gaste verkeer gesellige in die prag-versierde saal tydens HaS se Dankie-funksie

Past Frikkie Zeelie het die verrigting geopen, met die klem op: “Wat ons doen, doen ons nie vir mense nie, maar vir die Koning.” In sy volledige voorsittersverslag het Joe Mangiagalli ‘n kort oorsig oor die jaar se werksaamhede en finansies gegee. Daarin spreek hy ook die Beheerliggaam se dank en waardering teenoor alle donateurs, die personeel en veral die vrywilligers van Gansbaai Goue Hande uit. “Die Beheerliggaam is daarvan oortuig dat die werksaamhede, asook die finansies, op ‘n gesonde vlak bestuur word,” het hy gesê.


Suster Linda Meyer het al enigiets gedoen om af te tree, maar selfs met haar gewuif op die fiets kon sy nie wegkom nie

Gansbaai Nasorgsentrum lewer ook steeds dienste aan die gemeenskap ten opsigte van herstelversorging, rehabilitasie van pasiënte en aflosversorging. Die nuwe bestuurder en sy eggenote, John en Marlene van Rooyen is spesiaal verwelkom en alle sterkte toegewens. Blyke van waardering is aan Das en Francia van Dyk en Suster Linda Meyer oorhandig. Gansbaai Goue Hande, onder leiding van Francia, lewer ‘n enorme bydrae tot die Tehuis en die meerderheid van hulle is by broodnodige fondsinsame-lingsprojekte betrokke, terwyl andere weer op liefdevolle wyse omsien na kombuishulp, voet- en haarversorging, biblioteekdiens, die snoepie en veel meer.


Suster Linda Meyer (links) oorhandig ‘n blyk van waardering aan Francia en Das van Dyk

Anita Botha en haar span hardwerkende helpers is spesiaal bedank vir ‘n pragtig-versierde voorportaal, saal en verhoog met ‘n “Italiaanse tema”. Vanjaar het HaS se personeel, onder leiding van Marlene, self vir die uitmuntende spyskaart en puik tafelbediening gesorg.

Vir navrae, ondersteuning en donasies kan John van Rooyen, Linda Meyer of Anita van Dyk by 028-384-0501 geskakel word. 

Hardus Botha


Die puik ete- en kelnerspan van HaS onder leiding van Marlene van Rooyen, met voor vlnr Ivy Joja, Maria Saal (kok) en Shaieda Potzer. Agter vlnr is Namhla Gwele, Roslyn Martin, Alwina Dickson, Thea Salies, Marlene van Rooyen, Ronel Nortje, Thoko Jojo en Caroline Dickson.

 HaS se Groot Dankie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant