Skeie spat met Jukskei

Skeie spat met Jukskei

Gansbaai Courant

Die trotse Jukskei-wenspan, met voor vlnr Pieter en Toeks Moore. Agter staan Deon Joubert en Lambert Fick.

Die jaarlikse NGK Jukskeitoernooi op Saterdag, 26 Oktober was weer eens met groot opgewondenheid gevul. Agt spanne met 4 spelers in elke span het mekaar die stryd aangesê - ‘n predikantespan en 7 streeks-spanne (32 spelers). Die predikante kon ongelukkig nie vanjaar saamspeel nie, maar hulle span is uit vrywilligers saamgestel: Deon Joubert, Lambert Fick saam met Pieter en Toeks Moore, wat toe as die wenspan geëindig het.

Die res van die uitslae is soos volg: 2de - De Kelders 1; 3de - Franskraal 2; 4de - Kleinbaai 1; 5de - Franskraal 1; 6de - Kleinbaai 2; 7de - De Kelders 2; 8ste - Pearly Beach. Die suksesvolle toernooi is deur Dirk van der Westhuizen en Toeks Moore gereël en die spanne se sameroepers was ds Willie Kotze (predikante), Lukas Geldenhuys (De Kelders 1 en 2), Francia van Dyk (Kleinbaai 1 en 2), Toeks Moore (Franskraal 1 en 2) en John Swart (Pearly Beach).

Dit was ‘n “gemaklike” toernooi met reëls betreffende afstande wat gegooi is wat nie streng toegepas is nie en die wenners van die kompetisie is deur uitspeelwedstryde bepaal en nie deur die totale aantal punte nie.

“Baie dankie aan Gansbaai Munisipaliteit, al die deelnemers en al die helpers wat almal daartoe bygedra het dat die toernooi weer eens suksesvol afgeloop het,” sê Toeks. 

Hardus Botha

Skeie spat met Jukskei

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant