Pearly Beachers verras HaS

Pearly Beachers verras HaS

Gansbaai Courant

‘n Besoek aan Herberg-aan-see sonder verversings as ‘n verrassing en bederfie, is nie ‘n besoek nie, met Alta van Niekerk, voorsitter en organiseerder, 2de van links.

Sowat 20 dames van die NG-Vrouediens van Pearly Beach het tydens hulle besoek aan Herberg-aan-See gesorg vir ‘n genotvolle dag, gevul met verrassings. “Hierdie is ‘n jaarlikse projek op ons jaarprogram en dit bly altyd wonderlik om HaS se inwoners te besoek en te bederf,” vertel Alta van Niekerk, voorsitter.

Die kuier het begin met gesellige samesang met Alta agter die klavier. “Ons het met die sing van geestelike liedere begin en later na vrolike en opgewekte liedere oorgeskakel,” sê Alta.

“Ons het selfs instrumentjies onder hulle versprei, waarmee die bejaardes lustig kon saamtokkel.” Engela Basson het ‘n insiggewende boodskap aan die bejaardes gebring waartydens hulle daarop gewys is dat ook hulle nog ‘n waardevolle lewensrol het om te vertolk. So ‘n besonderse besoek aan HaS gaan altyd gepaard met verrassende verversing en eetgoedjies en die Pearly Beachers het seker gemaak daar is geen tekort daaraan nie.

“Baie dankie aan HaS se bestuur en personeel vir ‘n wonderlike en vriendelike ontvangs en dit was heerlik om die tydjie daar te kon deurbring,” sê Alta.

Hardus Botha

Pearly Beachers verras HaS

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant