Kwadrupleeg bouer

Kwadrupleeg bouer

Gansbaai Courant

Kwadrupleeg Andrè Mostert in sy rolstoel voor Gansbaai Kliniek, met sy voertuig agter hom

 “’n Persoon van wie al vier ledemate verlam is,” lui die beskrywing van ‘n kwadrupleeg in die HAT-woordeboek. Dit is ook waar van Andrè Mostert (50) van Franskraal, maar van sit en niks doen in ‘n rolstoel, kan beslis nie van hom gesê word nie. Andrè is oorspronklik van Kraaifontein en het homself as ‘n loodgieter bekwaam. Gedurende 1991 het hierdie eens gesonde en fikse rugbyspeler, ‘n ernstige rugbybesering opgedoen en is sedertdien ‘n kwadrupleeg wat in ‘n rolstoel vasgekluister is.

“Ek het sowat 12 jaar gelede na Gansbaai verhuis waar ek steeds goed aan die gang is,” vertel hy. Hy bestuur sy bouery en bouspan met kundigheid en sy regterhand wat hom by-staan is Johnny Rooi, wat ook sy voertuig-bestuurder is.

“Ek doen enige bouwerk en het nou weer ‘n projek gekry vir die bou van ‘n dubbel-motorhuis,” sê Andrè. Van gaan lê en wonder wat die dag van môre gaan oplewer, is daar op hierdie stadium geen sprake by Andrè nie. Slegs enkele voorbeelde van vele suksesvolle kwadrupleë is Pieter (Super Piet) du Preez van Sunninghill wat in Australië die eerste man ter wêreld geword het wat ‘n Ysterman-kompe-tisie kon voltooi, Philippe Croizon wat tussen die wêreld se vyf kontinente geswem het en ‘n vooruitstrewende boer, Ampie Bredenkamp van die plaas Lieberwalt, Vanderkloof, wat spog met sy “4x4” (elektriese rolstoel met breë wiele) vanwaar hy sy plaas bestuur.

Huiseienaars wat bouwerk oorweeg, kan gerus Andrè Mostert se bedrewenheid op die proef stel. Hy kan by 079-912-8167 gekontak word.

Hardus Botha 

Kwadrupleeg bouer

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant