Vlottasie sertifikaat verpligtend

Vlottasie sertifikaat verpligtend

Gansbaai Courant

SAMSA verwag van alle skiboot eienaars, sport/ontspanning en kommersieël om te sorg dat hul bote aan "level floatation" voldoen. Daarby word bedoel dat indien dit vir een of ander rede sou omslaan, dit horisontaal in 'n onderstebo posisie in die water moet dryf. Die doel hiervan is dat die bemanning so gou as moontlik uit die koue water moet kom deur bo-op die romp te klim en daar te wag totdat hulp opdaag.
Om aan "level floatation" te voldoen moet daar uitgewerk word watter invloed die gewig van die buiteboordmasjiene aan die agterstewe van die boot gaan hê. Daarvolgens word daar uitgewerk hoeveel flotasiemateriaal in die agterstewe geplaas moet word om aan "level floatation" te voldoen.
Gedurende bootondersoeke in die toekoms sal daar gekyk word of dit aan bogenoemde vereistes voldoen of nie. U sal dan na iemand verwys word wat die nodige berekeninge sal doen en dan 'n "level floatation" sertifikaat aan die booteienaar sal uitreik.
Alle booteienaars word baie vriendelik versoek om vroegtydig hul bote te laat ondersoek en nie te wag tot op die laaste dag wanneer die veiligheidssertifikaat verval nie.
Vir verdere inligting kan u my skakel by 028 388 0353 of 082 690 1835.
Koos de Kock, SAMSA Ondersoek– en Veiligheidsbeampte

Vlottasie sertifikaat verpligtend

Koos de Kock, SAMSA Ondersoek- en Veiligheidsbeampte

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant