Gansbaai Krieketklubnuus

 Gansbaai Krieketklubnuus

Gansbaai Courant

Pieter Janse van Rensburg speel die bal na die bykant.

Gansbaai KK het Sondag 'n onwaarskynlike oorwinning, tuis teen Waterboys KK behaal, danksy 'n ongelooflike boulvertoning van Lewylen Davids (6.1-1-13-7).

Gansbaai KK het eerste gekolf en op 'n blad met baie oneweredige wip gesukkel om die goeie boulwerk van Waterboys se boulers baas te raak.

Gansbaai kon net 97/10 aanteken in 26.3 boulbeurte. Corrie Avenant 36 (2x4)(3x6); Pieter Janse van Rensburg 15 (1x6) en André Hage 10 nun (1x4) was die enigste kolwers wat dubbelsyfers kon aanteken. 

Waterboys se beste boulers was D Parnell (6-1-16-3) en K Nel (4.3-0-15-3). Die Waterboys kolwers het gaan kolf, en K Nel 24 (3x4) en R Manuels 38 (3x4)(1x6) het met gemak gekolf. Met die telling op 67/1 na 10 boulbeurte was Waterboys goed op pad na 'n oorwinning.

Lewylen Davids (6.1-1-13-7) en Pieter Janse van Rensburg (5-1-15-2) het met 'n ongelooflike boulvertoning waarin hulle 9 paaltjies vir slegs 10 lopies geneem het, Waterboys tot 80/10 beperk. Gansbaai wen met 17 lopies.

Gansbaai KK reis Sondag na Kleinmond om Kleinmond KK  die stryd aan te sê. Voorspoed en sterkte.

Sportiewe groete, 
Heinrich Vermeulen, 082 715 3179

Lewylen Davids, leerder by Gansbaai Academia, het uitgeblink deur 7 paaltjies vir 13 lopies in 6 boulbeurte te neem.

 Gansbaai Krieketklubnuus

Heinrich Vermeulen

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant