Fynboskenner 2 nagte vermis

Fynboskenner 2 nagte vermis

Gansbaai Courant

Sers Frans Groenewald dra Mathia Schwegler na veiligheid vanuit die kloof, waar sy vir ± 40 uur vermis was.
'n Bejaarde 71-jarige vrou het Saterdagmiddag in die veld vermis geraak en is eers twee dae later gevind.
Mathia Schwegler is 'n fynboskenner en skrywer van 'n boek wat handel oor die gebruik van medisinale fynbosplante in ons omgewing.

Mathia Schwegler

Sy is ongedeerd, maar baie verward in 'n bergkloof op hul plaas, Heidehof, tussen Franskraal en Baardskeerderbos gevind. Sy was die Saterdagmiddag in die tuin besig, maar het nie na die huis teruggekeer nie. Haar man, Walter, het aanvaar sy is na hul dogter, Nayna, wat ook daar naby op die plaas bly, en dat sy daar sou oorslaap. Nayna het egter vir hom die Sondagmiddag gesê dat Mathia nooit by haar opgedaag het nie. Sy is as vermis by die polisie aangegee en sers Frans Groenewald van die SAPD het onmiddellik 'n soektog na haar gelei. Hulle het die dele van die plaas waar sy gereeld gaan stap gefynkam, maar kon geen spoor van haar kry nie.
"Dit het toe donker geword en ons moes tot die volgende oggend tou opgooi. Die soekgeselskap was Maandag vroeg op die toneel en die bergklowe agter hul huis is deursoek.
'n Helikopter en honde-eenheid is ook ontbied en omliggende boere en hul plaaswerkers was ook op pad om met die soektog te help. Die helikopter was reeds vanaf Kaapstad by Hermanus onderweg toe Mathia se man om 08:30 in die kloof naby hul woning op haar afgekom het," het Sers Groenewald gesê. Sy was gedisoriënteerd en gedehidreer, maar nie beseer nie.


Volgens sers Groenewald het sy op die grond gesit en kon nie self opstaan nie. Sy was ook baie dors en het net daar sowat 2 liter water gedrink.
Die Schweglers se Heidehof Fynbos Nature Trail is sinoniem met Mathia en weens haar kennis baie gewild.
Francois de Jongh

Fynboskenner 2 nagte vermis

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant