Gemoedere vlam op Lig is in die tonnel

Gemoedere vlam op Lig is in die tonnel

Gansbaai Courant

Gemoedere het onlangs hoog opgevlam tydens die uitdeel van chroniese medikasie wat deur die Dept van Gesondheids-dienste verskaf word. Elle lange toue van pasiënte, waarby heelparty bejaardes ingesluit is, is in die buitelug by Gansbaai se Gemeenskaplike Sportgronde gevorm om ‘n beurt af te wag om by die uitdeelpunt te kon uitkom. Maar die lig is in die tonnel en daar word net nog ‘n bietjie geduld van pasiënte gevra.


‘n Deel van die lang tou op Gansbaai se Gemeenskaplike Sportgronde tydens die vorige uitdeel van medikasie, waar die gemoedere hooggeloop het

Tydens die onlangse uitdeel van medikasie het sake “te warm” geraak vir een van die “toustaners.” Hy het al die pad na Gansbaai Courant se kantore gestap om sy misnoeë uit-asem te kenne te kom gee. “Daar is al water vir bejaardes aangedra wat dit nie meer kon hou nie en ‘n paar stoele is vir enkele bejaardes, wat nie meer regop kon bly nie, aangedra om op te sit,” het ‘n omstander gesê. Nog ‘n omstander het gesê: “Waar ons voorheen in verskillende groepe ingedeel is en op verskillende plekke ons medikasie gekry het, is almal nou gesentraliseer en groot hoeveelhede pasiënte kry nou op dieselfde dag by dieselfde plek hulle medikasie en as jy nie opdaag nie, word dit teruggeneem tot die volgende keer.” Voorheen is van die Shalomsentrum gebruik gemaak, daarna van Blompark en onlangs is dit in opdrag van dr Mostert, Superintendent van Hermanus Provinsiale Hospitaal (ook in beheer van Klinieke), na Gansbaai se Gemeenskaplike Sportgronde verskuif, waar die ongelukkigheid toegeneem het. Die volgende sessie sal weer daar wees, maar dan gaan briefies aan pasiënte uitgedeel word wat die toedrag van sake drasties sal verander. Suster Dorothea Jacobs van Gansbaai Kliniek het die volgende positiewe inligting in hierdie verband verskaf: “Die afgelope tyd was vir ons ‘n proeflopie wat buite ons beheer was en ons vra graag om verskoning vir al die ongerief wat veroorsaak is. Tydens Desember se uitdeel van medikasie gaan elke ontvanger ‘n briefie ontvang om te sê waar en wanneer die volgende uitdeel van medikasie sal plaasvind. Dit gaan nie weer so baie mense op ‘n keer wees nie en dit gaan baie meer georganiseerd wees. Medikasie sal steeds 2-maandeliks aan pasiente gegee word en met elke besoek sal die nodige ondersoeke soos bloedsuiker, bloeddrukke en, indien nodig, noodsaaklike bloed getrek word. Die idee van die stelsel is om met een besoek medikasie, voorskrifherhaling en die nodige ondersoeke af te handel. Met elke besoek sal ‘n dokter teenwoordig wees. Pasiënte wat meer intensiewe sorg benodig, sal na die kliniek terugverwys word. Die pakkies chroniese medikasie word in die Kaap deur die Chronic Dispensing Unit Western Cape opgemaak, vanwaar dit versprei word. Hulle maak die volgende opmerking op hulle webtuiste: “During the last few weeks, the Western Cape Government Health has been experiencing a few challenges with regard to the new Chronic Dispensing distributor UTI Pharma. We apologise to all patients who has been affected by the Chronic dispensing of their medication.” Dit blyk dus duidelik dat daar nou lig in die tonnel is vir pasiënte wat van chroniese medikasie afhanklik is.
Hardus Botha

Gemoedere vlam op Lig is in die tonnel

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant