Brand laat groot skrik

Brand laat groot skrik

Gansbaai Courant

Cornelia Cloete

‘n Verwoede brand in sterk windtoestande het angsbevange huisbewoners in Blompark na enige moontlike waterpyp en emmer laat gryp om te verhoed dat minstens 5 wooneenhede, wat teenaan mekaar staan, afbrand. Die brand het in ‘n hok agter Cornelia Cloete van Dahliastraat 60 ontstaan. Dit het in totaliteit uitgebrand, asook Emily Fourie se karavaan wat langs die hok gestaan het. Niemand is in die brand beseer nie. ‘n Geskokte Cornelia, wat nie tuis was ten tye van die brand nie, het gesê ernstige skade is ook aan haar huis, wat direk langs die hok en karavaan staan, berokken. Die agterplaas is in ‘n chaos van as, sinkplate en ander verbrande materiaal gedompel. Cornelia was onlangs in Gansbaai Courant toe sy as 2de Prinses tydens ‘n Miss Senior Gansbaai aangewys is.


Emily Fourie

Emily woon al sowat 7 jaar by Cornelia in haar karavaan en sê behalwe vir die karavaan, haar besittings en haar kleinkind se klere, is al haar dokumentasie soos ID-boekie en begrafnispolisse ook daarmee heen. Cornelia se buurvrou, Lisie Fortuin, vertel dat sy die brand geruik het en toe sy uitstorm, was alles in vlamme gehul. Haar eie woning het ook aan die buitekant begin brand en skade is aan die vensters en buitemure aangerig. Die karavaan en wendyhuis op haar erf het ook begin brand, maar is betyds geblus. Die wendyhuis se vensters is wel vernietig, asook twee van haar karavaan se vensters. Terwyl daar op die brandweer gewag is, het die eienaars en omstanders met tuinslange en emmers die res van die eiendomme probeer nat hou. Lisie se dogter, Sameulna Fortuin, vertel dat haar vriend, Na-zian se duiwehok met sowat 15 van sy vliegduiwe ook in die slag gebly het. “Ons het die hok probeer oopmaak om die duiwe te red, maar die vlamme was te erg en al die duiwe het verbrand,” vertel Lisie. “Die duiwe was Na-zian se trots en hy het groot planne met hulle gehad.” Onduidelikheid bestaan oor die ontstaan van die brand, maar die moontlikheid van toerusting wat nie afgeskakel was nie, óf ‘n kortsluiting, is geopper.   
Hardus Botha
 

Brand laat groot skrik

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant