Lt kol Adonis neem afskeid

Lt kol Adonis neem afskeid

Gansbaai Courant

Lt-kol Adonis en sy eggenote, Cathleen tydens ‘n afskeidsfunksie op sy laaste werksdag as Stasiebevelvoerder van Gansbaai SAPD

Lt-kol Adonis, Stasiebevelvoerder van Gansbaai SAPD, het op 31 Oktober 2013 afskeid van Gansbaai SAPD geneem. Lt-kol Adonis begin op 4 November as Cloetesville SAPD, Stellenbosch se Stasiebevelvoerder. Op 30 November sal hy Gansbaai finaal verlaat.

“Die positiewe deel van my besluit draai om gesinsgeluk, maar aan die ander kant is dit baie moeilik om myself los te maak van ‘n goed-saamgestelde sisteem waartoe ek myself verbind het,” het hy gesê. “Ek het ‘n goeie en suksesvolle pad met ‘n uitstekende SAPD-span, asook ‘n oop gemeenskap gestap en om my nou daarvan los te maak, is ‘n hartseersaak.” Hy verwys trots na die gevestigde vennootskap tussen Gansbaai SAPD en die gemeenskap, asook Gansbaai Polisiëringsforum (GPF). Kol Adonis het gesê dat hy inderwaarheid “bederf” is deur Gansbaai SAPD-lede, kerke, organisasies en al drie gemeenskappe en dat hy opregte waardering daarvoor het. Enkele sprekers het opgetree en ook blyke van waardering aan Lt-kol Adonis oorhandig. AO Wynand le Roux het ook ‘n huldeblyk aan wyle AO Ghandi Kruger oorgedra.

Lt-kol Adonis is op 4 Januarie 2010 as stasiebevelvoerder te Gansbaai SAPD aangestel en is oorspronklik van die Paarl, maar kort voor sy aanstelling was hy vir sowat 5 jaar Stasiebevelvoerder van Riviersonderend se SAPD. Hy is met Cathleen getroud en die egpaar het drie kinders. Gedurende sy dienstydperk in Gansbaai het hy ‘n oopdeur-beleid ten opsigte van die drie gemeenskappe gehandhaaf, met sy hoogste prioriteit die bekamping van misdaad.

“My uitgangspunt was nog altyd dat die SAPD se hoofdoel is om ‘n verskil te maak en die gemeenskap veilig te laat voel,” sê hy. Tydens sy afskeidsonderhoud met Gansbaai Courant, het hy sy opregte waardering teenoor alle SAPD-lede, Gansbaai GPF, kerke, organisasies, die drie gemeenskappe en Gansbaai Courant vir almal se vriendelikheid, ondersteuning en goeie samewerking uitgespreek. Sp-Kapt Danie Rautenbach sal intussen as Stasiebevelvoerder waarneem.

Hardus Botha 

Lt kol Adonis neem afskeid

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant