Skaatsplankryers gewaarsku

Skaatsplankryers gewaarsku

Gansbaai Courant

"Skaatplankryers sal in die toekoms vasgevat word as hulle aanhou om die padverkeerswet te oortree. Verskeie waarskuwings het die afgelope tyd op dowe ore geval," het Tony Blankenberg, Assistent Superintendent, Overstrand Verkeersdepartement, Dinsdag gesê. Die Munisipale Verkeersregulasie 60 bepaal dat geen skaatsplanke op openbare paaie óf sypaadjies gebruik mag word nie. Die verontagsaming van dié regulasie kan lei tot 'n boete van R200 en Blankenberg versoek die jong mense vriendelik om die wet te gehoorsaam. Hy doen ook 'n beroep op die oortreders se ouers om hulle hieroor aan te spreek. Party van die oortreders is ook baie arrogant wanneer hul aangespreek word en vuil taal is ook al teenoor die amptenare gebruik. "Dit is gevaarlik om in die pad te ry, want hulle kan maklik voor 'n voertuig beland of val. Voetgangers, veral ouer mense, se veiligheid word ook so op sypaadjies bedreig," het Blankenberg gesê. Hy het verder gesê dat hy nie die kinders se pret wil bederf nie, maar dat dit sy verantwoordelikheid is om padveiligheid te verseker. 'n Ondersoek na die moontlikheid om 'n skaatsplankrybaan by die Gemeenskaplike Sportgronde te bou, word gedoen. Die koste is egter baie hoog omdat slegs spesialis skaatsplankry-bouers dit met ingenieursplanne kan bou. Die moontlikheid en koste word egter steeds ondersoek.
Francois de Jongh

Skaatsplankryers gewaarsku

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant