Gansbaai Marine NQF 2 Sertifikate

Gansbaai Marine NQF 2 Sertifikate

Gansbaai Courant

Die trotse NQF 2 sertifikaatontvangers van Gansbaai Marine, met voor links  Nevill Titus (Direkteur) en Ronel Swart (Menslike Hulpbronne), asook Micheal Lolwana (Direkteur) heel regs

 “Leerlingskappe is ‘n beroepsgerigte jaarprogram by Gansbaai Marine wat uit gestruktureerde teoretiese leer en praktiese werksplekondervinding bestaan,” sê Hennie Ritter, Rekenmeester: Gansbaai Marine. “Werklose persone ontvang ‘n NQF 2 kwalifikasie na die suksesvolle voltooiing van die kurses en dit plaas hulle in ‘n gunstiger posisie om in die voedsel-vervaardigingsektor en/of visindustrie aangestel te word.”

Hierdie leerlinge verdien tot R7,500 per jaar vir teorie-klasse wat bygewoon is, asook verdere produksielone vir die praktiese ondervinding gedurende die jaar wat hulle in die Inmakery opdoen. 15 Fabriekwerknemers en 193 werklose leerders het die kursus suksesvol voltooi, met ‘n suksessyfer van 76%. Indiensneming by die fabriek beloop ±50%. FoodBev SETA is die befondser van die projek, met 1% van die totale lone en salarisse van Gansbaai Marine wat as ‘n vaardigheidsontwikkelingsheffing aan die Nasionale Vaardigheids Fonds oorbetaal word. 14 Gesaghebbende produsente, waarvan Gansbaai Marine een is, is onlangs met ‘n spesiale toekenning vereer.

Vanjaar se sertifikaatoorhandigings op 6 November is deur Nevill Titus (Direkteur), Ronel Swart (Menslike Hulpbronne), Micheal Lolwana (Direkteur) en Hennie Ritter (Rekenmeester) van Gansbaai Marine waargeneem. Die 51 studente is Afrika A, Ahrends T, Arends BW, Arendse SG, Beukes D, Block J, Bredenkamp L, Cezula N, Claassen CEG, Dindala J, Dindala MA, Dindala VS, Europa AJ, Hendricks MM, Jacobs EA, Jacobs JT, Jonga P, Julies RN, Kotsana L, Lottering AB, Malusi N, Manqola A, Mantlana ZE, Mapukata B, Maqebula N, May L, Mehlweni N, Mkumbuzi L, Mpela V, Ngcame N, Ngwe N, Nkumanda N, Nojila Z, Notyandela N, Nqashe SM, Ntsukune S, Qhezu K, Qikana Z, Qoqothekile Z, Sauls CJ, September BD, Sigwela S, Sikiti T, Swart SL, Tobias J, Tshayivithi B, Vries J, Wapi MA, Williams AP, Xovula LN en Yotsi N.

“Hierdie is ‘n jaarlikse hoogtepunt, aangesien studente met hul NQF2 sertifikate beloon word, asook ‘n R1,000 bonus ontvang, met eet- en drinkgoed na afloop van die oorhandigings,” sê Hennie.

Hardus Botha
 

Gansbaai Marine NQF 2 Sertifikate

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant