Kersliggies is op pad

Kersliggies is op pad

Gansbaai Courant

Die jaarlikse aanskakeling van Gansbaai en omgewing se Kersliggies is op hande. Daar word reeds hard deur Gansbaai Munisipaliteit gewerk om seker te maak al die liggies en pragtige voorstellinge met behulp van liggies wat jaarliks die dorp versier, sal vir die groot aand gereed wees.

Die besonderse aand gaan jaarliks met groot opgewondenheid gepaard en wanneer die applous direk ná die aanskakeling bedaar het, word daar geselling deur al drie gemeenskappe saamgekuier.

Vanjaar val die aanskakeling van die liggies saam met die jaarlikse Fees van die Ganse wat die volgende dag in die middedorp in die vorm van ‘n Straatfees sal plaasvind. Enkele plaaslike kunstenaars se optredes vir Vrydagaand is deur die Feeskomitee gereël en daar sal heerlik saamgesing kan word, met etlike stalletjies wat beskikbaar sal wees. ‘n Tweede hoogtepunt van die aand sal die kroning van Mej Fees van die Ganse wees, wat nie misgeloop mag word nie. Die belangrike datums is Vrydag, 6 Desember vir die aanskakeling van die Kersliggies en die Fees van die Ganse op Saterdag, 7 Desember.
Navrae kan aan Glenda Kitley by 072-291-5564 gerig word. 

Hardus Botha

Kersliggies is op pad

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant