Bietoubossers en Brouery

 Bietoubossers en Brouery

Gansbaai Courant

Daar word aandagtig na Sarah Boshoff geluister tydens ‘n toer deur die Birkenhead Brouery

“Ons jaarafsluiting is vanjaar by die Birkenhead Bierbrouery te Stanford gehou,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. Die groep dames, sowat 40 plus “aanhangsels”, het op 12 November daar gaan kuier en natuurlik in die restaurant ook gedraai. “Die pragtige landelike omgewing het tot ‘n heerlike en rustige saamkuier, so vir oulaas in 2013, bygedra.” Elizma vertel dat hulle vriendelike gasvrou, Sarah Boshoff van die brouery, gesorg het vir ‘n smaaklike ligte maaltyd van vis, skyfies en slaaie. Sarah het hulle ook op ‘n kort, maar interessante toer, deur die brouery geneem. Daar het hulle onder andere gehoor dat 6 verskillende biere en 2,000ltr bier per dag gebrou word. “Maar deesdae produseer hulle ook wyne,” vertel Elizma. “Dít doen hulle so goed dat hulle Saugvignon blanc onlangs ‘n silwer toekenning ontvang het.” Die dames het glo in ‘n mooi reguit ry, ná die heerlike afsluiting, veilig na Gansbaai teruggekeer.

Die klub se volgende vergadering sal op 14 Januarie 2014 plaasvind. Navrae kan aan voorsitter Annette van Zyl by 028-384-1075 gerig word.

Hardus Botha

 Bietoubossers en Brouery

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant