Masakhane dansertjies vorder goed

Masakhane dansertjies vorder goed

Gansbaai Courant

Die Masakhane dansertjies, met agter vlnr Anita Botha (2de), Margi Muller (5de) en Evelyn Tshisa (7de)

Margi Muller van Franskraal het ‘n tyd gelede besluit om haar lyndanstalente aan Masakhane-kinders oor te dra. “Ek het ‘n klein groepie kinders bymekaar gekry en ná slegs vier Saterdae is ek heel tevrede met hulle belangstelling, opgewondenheid, samewerking en vordering,” vertel Margi. “Ek het die projek in samewerking Anita Botha en Derrick Jerrard aangepak en begin met basiese lyndanspassies wat mettertyd meer gevorderd sal raak.” Derrick en Anita is saam met Margi klublede van die Birkenhead Boothengelklub, waar hulle op Woensdagaande hulle lyndanspassies onder leiding van Margi beoefen.

Tydens ‘n vorige oefensessie het die groepie sommer goed vertoon en die een was so opgewonde soos die ander een. Marie Reid van Marie's Boutique & Janelle's Nail Salon in Kerkstraat, het oefenspasie vir Margi en haar groepie gereël. “Nou is ek dankbaar dat Masakhane Primêr ‘n klaskamer vanaf 14:00 tot 15:00 op Woensdae aan my afgestaan het vir toekomstige oefensessies,” sê Margi. “Die personeel en leerders is baie positief oor hierdie projek. Een van die onderwysers, Evelyn Tshisa, is baie opgewonde om volstoom by ons in te skakel.” Margi sê al is die spannetjie klein op hierdie stadium, is hulle baie positief en beplan ook om hulself deeglik tydens die Fees van die Ganse se Straatfees op 7 Desember te bewys.

Hardus Botha


Groot leergierigheid was onder die Masakhane kinders te bespeur tydens hierdie lyndans-oefensessie 

Masakhane dansertjies vorder goed

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant