Leeftyd by Munisipaliteit

Leeftyd by Munisipaliteit

Gansbaai Courant

Hantie Vermeulen van Gansbaai Munisipaliteit wat ‘n langdienstoekenning vir 30 jaar ononderbroke diens by Gansbaai Munisipaliteit ontvang het

Dit is gewis wat van Hantie Vermeulen gesê kan word: ‘n Leeftyd by Gansbaai Munisipaliteit.

‘n Langdienssertifikaat vir 30 ononder-broke diensjare by Gansbaai Munisipa-liteit is tydens ‘n Wykskomitee-vergadering vir Wyk 2 aan haar oorhandig.

“Dit dien gemeld te word dat Hantie inderwaarheid 34 diensjare by ons agter die rug het, aangesien sy vir die geboorte van haar seun bedank het,” het mnr Kat Myburgh gesê.

Hantie is oorspronklik van die Kaap, maar het na haar troue met Deon Vermeulen permanent na Gansbaai gekom. Sy het op 19 November 1979, 34 jaar gelede, as ‘n 19-jarige dametjie diens by die destydse Gansbaai Munisipaliteit aanvaar.

“Destyds was ons ‘n handjievol personeel en almal moes leer om alles te doen,” vertel sy. “Maar ek is dankbaar vir daardie ondervinding, aangesien daar bykans nie ‘n afdeling is waarvan ek nie ondervinding opgedoen het nie. Vanaf skakelborddame en kassier tot by tikwerk op outydse tikmasjiene en afrolwerk met wasvelle!” In 1981 moes sy bedank vir die geboorte van hulle seun en is daarna weer tydelik aangestel. Op 20 November 1983 is Hantie weer permanent aangestel. Sy en Deon se seun, Johan Vermeulen van D & J Vervoer, is met Lientjie getroud en Hantie is nie bietjie trots op haar eerste kleinkind, Lian, nie. Tans is Hantie rekenmeester in beheer van Gansbaai Munisipaliteit se Inkomste Afdeling.

“Al het ek soveel ander dinge in die munisipaliteit gedoen, het my groot liefde nog altyd by finansies gelê, en dan spesifiek eerder by inkomste as by uitgawes,” sê sy. “Oor al hierdie jare heen het ek só deel van my kollegas en juniors se lief en leed geword, dat dit soms soos familielede voel met wie jy werk.”

Hantie het haar belangrikste mentors oor al die jare heen uitgelig en met groot lof en waardering na hulle verwys: Johan Pieterse, Frans Stapelberg, Danie Maree en mnr Kat Myburgh.

Hardus Botha

Leeftyd by Munisipaliteit

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant