Bejaardes glimlag vir kameras

Bejaardes glimlag vir kameras

Gansbaai Courant

Die was onlangs die ene glimlagte onder Herberg-aan-See (HaS) se inwoners - hoe dan anders? Lede van Gansbaai Fotografieklub se aandag was spesiaal op hulle gefokus.

Die geleentheid was die klub se gemeenskapsprojek vir 2013 en vanjaar is besluit op die neem van foto’s van al HaS se inwoners. Daar is twee foto’s van elke inwoner geneem - een “gewoon” en een met ‘n Kersfeeshoedjie op die hoof. Drie stelle foto’s sal beskikbaar gestel word: een stel vir HaS Bestuurslede vir die aanbring op die inwoners se kamerdeure, een stel vir Gansbaai Courant om as die maandelikse verjaardagfoto’s te benut en dan die belangrikste: gratis gedrukte foto’s aan elke inwoner.


Regs is Jane Bailey in aksie vir die neem van ‘n foto tydens die HaS-projek, met haar dogter, Genevieve Bailey wat haar behulpsaam is

Die Bestuur van Gansbaai Fotografieklub het op 4 November ‘n “Bosberaad” in Tolbos Bistro gehou waartydens 2014 beplan is. “Ons leer uit ons foute en verbetering is altyd ‘n opsie in ons beplanning om dit vir lede so interessant en aangenaam as moontlik te maak,” het voorsitter Christo Wessels gesê.

‘n Voorlopige 2014 Jaarprogram is opgestel en klublede, asook voornemende lede, kan na ‘n opwindende fotografie-jaar uitsien.

Lede sal per e-pos op hoogte van sake gehou word, terwyl Gansbaai Courant ook vir die onderskeie aktiwiteite dopgehou kan word. Kennis kan geneem word dat die onderskrifte van twee foto’s op bladsye 4 en 5 in Gansbaai Courant van Donderdag, 24 Oktober 2013, foutiewelik omgeruil is. Die blom (Oop-tema) is deur Christo Wessels gefotografeer en die sjef (Tema: Emosies) deur Jane Bailey. Verskoning vir die fout word hiermee aangebied.

Vir klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 geskakel word, of skakel vir Linda Kloppers by 082-550-7313.

Hardus Botha

Bejaardes glimlag vir kameras

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant