Vreugde oor Kersgeskenke

Vreugde oor Kersgeskenke

Gansbaai Courant

 “Die vreugdevolle uitdrukkings op die kleuters se gesigte met die oopmaak van die bokse met geskenkies het alles die moeite werd gemaak en dit was ‘n belewenis om dit te kon aanskou,” sê sers Adele Visser van Gansbaai SAPD. Sy en haar ma, Lucille Mangiagalli, Gansbaai se koördineerder van die Santa Shoebox Project projek, asook Connie Thomas, sekretaresse van die Masakhane Community Police Sub Forum, het die uitdeel van die geskenke te Masakhane Creché waargeneem. Hulle is deur Sandy Fairclough en Zelda Lipman van die Santa Shoebox Project projek in Hermanus bygestaan.

Masakhane Crechè is ‘n tyd gelede geregistreer vir vanjaar se geskenke, maar volgende jaar word ‘n ander organisasie weer geregistreer,” vertel Adele. Die Santa Shoebox se bokse is gevul met onder andere klere, toiletware, opvoedkundige speelgoed en ‘n soetigheidjie. Bahalwe daarvan, het Gansbaai GPF self ook ingespring en lekkergoedpakkies vir elke kleuter opgemaak en geborg. Dan het Thalia van Chickeland ook nog “cub cakes” en koekies geborg - in geheel was dit dus ‘n groot geleentheid vir die opgewonde kleuters.

Om die vreugde verder te vergroot, het Connie ‘n storie wat deur Santa Shoebox geborg is, aan die kleuters voorgelees. “Ons opregte dank en waardering aan elkeen wat hierdie projek ondersteun het en hulle kan verseker wees dat dit met absolute en ongekende vreugde ontvang is,” sê Adele.

Verdere navrae kan aan Lucille Mangiagalli by 028-384-0973 of 074-181-1514 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan haar by lucille.m@vodamail.co.za.

Hardus Botha

Vreugde oor Kersgeskenke

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant