Straatfees

Straatfees

Gansbaai Courant

Die 9 finaliste vir vanjaar se Mej Fees van die Ganse, met vlnr Shahida Jacobs, Nikita Coetzer, Shane Aukamp, Claudia Weich, Mariska Maers, Cameron Stephens, Ivané Cornelius, Renayacia Pietersen en Tertia Pietersen. Voor sit 2012/13 se Mej Fees van die Ganse, Elzaan van Lill.

Gansbaai se langverwagte Dorps-/Straatfees is op hande - op versoek van die gemeenskap en vir die gemeenskap. Die feestelike stemming van vanjaar se Fees van die Ganse begin reeds op Vrydagaand, 6 Desember met die aanskakeling van Gansbaai se Kersliggies. Ná hierdie lusmaker, wag die Fees op Saterdag, 7 Desember - dus ‘n Feestelike naweek spesiaal vir Gansbaaiers, maar ook vir besoekers. Vrydagaand om 19:00 begin die naweek se feestelikheid met ‘n optog vanaf Gansbaai munisipaliteit na die area voor Gansbaai OK Foods. Daar wag opwindende kunstenaarsvermaak deur plaaslike kunstenaars, asook die finaliste vir Mej Fees van die Ganse wat ‘n laaste kans gaan kry om hul skoonheid en talente met die beoordelaars te deel.

Om 20:00 word die Kersliggies aangeskakel en direk daarna vind die kroning van Mej Fees van die Ganse plaas, wat deur Elzaan van Lill, 2012/13 se Mej Fees van die Ganse behartig sal word. Vanjaar se 9 finaliste is: Shahida Jacobs, Nikita Coetzer, Shane Aukamp, Claudia Weich, Mariska Maers, Cameron Stephens, Ivané Cornelius, Renayacia Pietersen en Tertia Pietersen. Etlike stalletjies sal beskikbaar wees - kom geniet die feestelike “dorpsaand” en kom kuier gesellig saam.

Saterdag begin die “sports” - ‘n Straatfees der Straatfeeste met bekende Matt Hurter as seremoniemeester tydens die optredes van die kunstenaars - met sowat 15 plaaslike kunstenaars, dansers, die Manne van Baardskeerdersbos en die hoofkunstenaar Wynand Windpomp. (Sien program op bl 9). Vele stalletjies, genoeg eetplekke, toiletgeriewe en alles wat nodig is sal beskikbaar wees om benut, gebruik en geniet te word. Om 12:00 sal die pas-gekroonde Mej Fees van die Ganse, haar prinsesse in ‘n spesiale voertuig, asook enkele ander voertuie en motorfietse vanaf Gansbaai Toerisme aan ‘n parade in Hoofstraat tot by Gansbaai Markplein in die midde-dorp deelneem. Vanjaar se Fees is ‘n nuwe konsep, maar vele sal uit “foute” geleer kan word en die komitee voel baie positief oor ‘n suksesvolle Feesnaweek. Laaste nippertjie-navrae kan aan Gansbaai Toerisme by 028-384-1439 gerig word.

Hardus Botha

Straatfees

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant