Huisrower Swaar gestraf

Huisrower Swaar gestraf

Gansbaai Courant

'n Huisrower wat na 'n mensejag van 10km in digte bosse naby die Plaat aangekeer is, is verlede week in Hermanus Streekshof deur Landdros Mouton tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.
Tandile Maqume (29) (regs) het Maandagoggend, 1 Desember 2012 om 02:00 by Ds Peet Neethling se huis by Melkhoutpark, De Kelders, ingebreek terwyl Neethling besig was om op sy skootrekenaar te werk. Hy is twee keer met ‘n skerp voorwerp oor die kop geslaan en sy skootrekenaar is gesteel. Daar is kort daarna by nog twee huise in die omgewing ingebreek en twee polisiebeamptes, Sers Frans Groenewald en Konst Henry Marais, het die verdagte se voetspore deur die veld tot naby Grootbos gevolg. Hy is daar deur die soekspan, wat A/O Jackie Hildebrand se skof, asook Spr Kapt Danie Rautenbach ingesluit het, vasgekeer.
Hy het tydens sy arrestasie 'n vals naam gegee deur te sê hy is Sonwabo Melane. Daar is egter later deur sy vingerafdrukke vasgestel dat hy eintlik Tandile Maqume is. Hy was tydens die huisroof op parool nadat hy in April 2011 tot 7 jaar tronkstraf, waarvan 3 jaar opgeskort was, vir manslag gevonnis is. Hy het 'n man in 'n swart woonbuurt in Hermanus doodgeskiet. Korrektiewe Dienste het hom egter na slegs 'n jaar tronkstraf op parool vrygelaat.
Francois de Jongh
 

Huisrower Swaar gestraf

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant