Kerssangdiens weer eens belewenis

Kerssangdiens weer eens belewenis

Gansbaai Courant


‘n Gewyde geheelbeeld van die kore en gemeente

Vanjaar se Kersangdiens van die NG-gemeente op Sondag, 24 Oktober 2013 was weer eens ‘n “wenner” - goed georganiseerd, meelewend, luisterryk en gewyd. Met die instap by die kerkgebou het die asems behoorlik gesnak oor die pragtige versierings wat op ‘n sinvolle wyse aangebring is en wat met die eerste oogopslag die gewydheid van die aand beklemtoon het. ‘n Vlot program is sonder onderbrekings gevolg, met dr Bobo van Zyl wat die afwisselende voorlesings behartig het. “’n Kind is vir ons gebore; ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op Sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar; Raadsman; Sterke God; Ewige Vader; Vredevors…” Die voorlesings is met ‘n verskeidenheid van koor- en gemeentesang afgewissel. Die deelnemende kore was die NGK Kerk- en Mannekoor onder leiding van Aletta Lochner en orrel-begeleiding deur Annalene Reinke, die VGK Kerkkoor onder leiding van Nita Faber met haar eie klavier-begeleiding, die VGK Mannekoor onder leiding van Aletta Lochner (sonder begeleiding) en die Laerskool Kinderkoor onder leiding van Aletta Lochner en begeleiding deur Heidie Chivell. Die solis in die NG-koor, Matt Human, het homself as ‘n belowende jongman met ‘n “enorme” stem bewys. Jack White met sy bekende trompet het verdere luister aan die sangdiens verleen, asook Dirk Buchner en sy kitaar wat deel van die kinderkoor se begeleiding was.                                                                                                                              
Die brandende kerse wat in gekleurde houers deur koorlede vasgehou is, was weer eens die hoogtepunt van die aand. Die volgende bedankings is voorgehou: Prediker - dr Bobo van Zyl; Begeleiers - Annelene Reinke, Heidie Chivell, Pikkie Louw, Jack White en Dirk Buchner; Koorleiers - Aletta Lochner (NGK-koor) en Nita Faber (VGK-koor); Kore - NGK-koor, VGK-koor, Laerskool Gansbaai-koor en VGK Mannekoor; Solis - Matt Human; Ander - Marlene Koekemoer (organisering van kinders by die skool), Anita Botha en Amanda le Roux met hul helpers (versiering van die Kerk), Wilna Swanevelder en Maritha Kriel (Kerkkantoor), Marius le Roux (Koster), Maureen Voigt (dataprojektor) en die NGK Vrouediens (tee en verversings in die saal).
Hardus Botha
 

Kerssangdiens weer eens belewenis

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant