Pilla en Rita se Vergenoeg

Pilla en Rita se Vergenoeg

Gansbaai Courant

Pilla en Rita Groenewald word “vir oulaas” in hul huis, Vergenoeg in Hoofstraat afgeneem voordat hulle eersdaags na Perlemoenbaai verhuis

Pilla (91) en Rita (77) Groenewald het besluit dis nou “vergenoeg” en hulle verhuis eersdaags vanuit hul woning, Vergenoeg in Hoofstraat, na Perlemoenbaai. Nou het “Vergenoeg” letterlik vergenoeg geraak, maar ‘n Tehuis vir Bejaardes is nog lank nie hulle volgende tuiste nie. “Ons beweegrede vir die verhuising gaan hoofsaaklik om Rita se gesondheid,” sê Pilla. “Die huis, en veral die tuin, het te groot begin raak en vir haar gesondheid is dit beter dat ons na gemakliker omstandighede verhuis.” Rita vertel dat sy baie lief is vir tuinmaak, maar dat Vergenoeg se tuin vir haar te groot geraak het.

“Ek is baie lief vir tuinmaak, maar terwille van my gesondheid en my dokter se aanbeveling moet ek my tuinliefde maar onderdruk,” sê sy. Sy vertel dat sy self sowat 50 jaar gelede die planne vir Vergenoeg geteken het van hoe sy die huis wou hê en daarom is die verhuising vir haar des te meer moeilik. Vir Pilla beteken dit nie “gaan stilsit” en niks doen nie. Daarvoor loop hierdie man se vissersbloed te dik in sy are. Hy het reeds op 14-jarige ouderdom op sy pa se boot, Otto-Lena begin visvang en ook gedurende 1939 met die bou van die hawe-mure gehelp. Eers was dit haaie-vang op die Vaalgans, daarna skipper van Wilde Gans, skipper van Blougans en direksie-lid van die Koöperasie. Daarna die bote Steenbras en Steenbokkie, met ‘n groter boot, Gelderland gevolg en ná die oprigting van Gansbaai Marine fabriek was dit Berggans en daarna Bosbok.

Eers in ±1989 “klim hy” van Bosbok af en sy seun, Johan neem oor as skipper, met sy kleinseun, Benito as stuurman. Steeds is daar van stilsit op 91-jarige ouderdom geen sprake nie, ook nie nou ná hulle verhuising nie. Hy benut steeds sy bestuursvernuf in die vissersbedryf en woon relevante vergaderings by.

Hardus Botha

Pilla en Rita se Vergenoeg

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant