Gansies ontvang Diplomas

Gansies ontvang Diplomas

Gansbaai Courant

Dit was weer tyd vir 17 “seniors” van De Kleine Gansies Kleuterskool om hul diplomas te ontvang. Die groepie het ook vir ‘n pragtige Kersopvoering gesorg en om die kroon te span het Kersvader met geskenkies by die plegtigheid gaan inloer. Daarna is ouers, grootouers, familie en vriende met verversings bederf. Lanita het elke kleuter aan die gaste voorgestel, met enkele “kenmerke en sêgoed” wat in die loop van die jaar notas van gemaak is - natuurlik tot groot vermaak (gepaardgaande met goedige verleentheid) van die gaste.

Een voorbeeld is die outjie wat gesê het: “Sjoe, ampe tit ek nou my tat af!” Die trotse diploma-ontvangers (alfabeties) is Emily Kellerman, Ewald Groenewald, Haybré Baartman, Hugo Bester, Jaco van Staden, Joy Hans, Kuhle Zongwana, Lehandry Otto, Luca Caravias, Luke Devitt, Mariante Boshoff, Mighael Tredoux, Nina Strydom, Pierre Combrink, Renier Byleveld, Sherwan Fortuin en Stefan Stieger. Lanita het die volgende bedankings (alfabeties) voorgehou: Annemien van der Merwe (leen van Kersboom en opmaak), Deon en Linda Kloppers (foto’s en maak van diplomas), Dirk en Susan Combrink (geskenke en lekkergoedpakkies), Leon Carstens (musiek), Liana Stevens (saalversiering), NG-gemeente (gratis saal), NG-personeel Marius le Roux en Maggie (gereedkry van saal), Nick Fick (opening en boodskap), Oom Jan (Kersvader), Riaana en Elsie Swart (eetgoed), Stephanie Groenewald en Amanda van Staden (eetgoed) en Stephanie Groenewald en dames van die bestuur (tref van reëlings). (Foto’s: Dave Caravias).

Hardus Botha

Gansies ontvang Diplomas

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant