Vissermansdankseggingsdiens 2013

Vissermansdankseggingsdiens 2013

Gansbaai Courant

Die jaar spoed weer ten einde en dit is Sondagaand 8 Desember om 19:00 weer tyd vir die jaarlikse dankseggingsdiens in die Ou Hawe. Hierdie interkerklike diens wat in Afrikaans en Engels aangebied word, is ‘n instelling wat nie misgeloop kan word nie. Dit is die geleentheid wanneer die hele dorp saam met die vissermanne byeenkom om die Goeie Gewer te bedank vir al die seëninge wat Hy gedurende die jaar op ons uitgestort het. Die oogmerk van die diens is om dankie te sê vir alles wat Gansbaai uit die (of van die) see ontvang het.

Alle besighede is op die een of ander manier aan die see gekoppel vir ‘n inkomste en daarom kom almal saam om dankie te sê vir die jaar se inkomste. Dit is ‘n opelugdiens, maar belangstellendes is welkom om die verrigtinge vanuit hul motors te volg. Stoele word deur deelnemende kerke voorsien, maar indien u oor ‘n sitding beskik sal dit waardeer word as dit kan saambring omdat sitplek beperk is. Die Verootmoedigingsdiens vir 2014 vind op 19 Januarie op dieselfde tyd en plek plaas en u kan gerus ‘n aantekening daarvan maak.

Vissermansdankseggingsdiens 2013

Johan van Dyk

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant