Lappieklas afsluiting

Lappieklas afsluiting

Gansbaai Courant

Wat ‘n voorreg was dit nie om vir die laaste keer te vergader nie. Wat egter die geleentheid so spesiaal gemaak het, was die feit dat ds Dennis Naidoo vir ons die boodskap by hierdie laaste bymekaarkoms gebring het. Sy boodskap het gehandel oor waardig oud word en dit was vir ons almal ‘n goedvoel boodskap. Dis veral hier teen die einde van die jaar as mens so moeg en afgemat voel, dat so ‘n wonderlike boodskap jou weer laat besef dat Jesus almal lief het en dat ons almal vol genade leef. Dit was ‘n inspirerende boodskap wat ons almal met ons kan saamdra tot volgende jaar wanneer ons weer die nuwe jaar moet aanpak. Bo en behalwe dit is ons ook op sy eie spesiale breyani getrakteer.

Dit was heerlik en ons almal het heerlik daaraan gesmul. Amper het ons vergeet om plek te laat vir Izette se heerlike koekstruif. Ons klassie bestaan al amper 20 jaar en ons mag enige handwerk doen of sommer net gesels en ons bedank die Lede in Christus Kerk en Pastoor Hamman en sy vrou vir die gebruik van hulle kerk vir ons klassie. Ons bedank ook Marina Bruwer en Marie-Anna van der Merwe vir hulle leiding en boodskappies deur die jaar.

Mari Botha

Lappieklas afsluiting

Mari Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant