NOODSEIN AIR FRANCE VLUG AF521

NOODSEIN AIR FRANCE VLUG AF521

Gansbaai Courant

Die vlugroete word op die kaart deur 'n wit lyn aangetoon.
Op Dinsdag 3 Desember 2013 het Air France AF521 (Boeing 777) om 19:38 vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe  opgestyg na Parys, Frankryk (Charles de Gaule). Ongeveer 10 minute na opstyging het die vliegtuig 'n noodsein uitgestuur, met die aanduiding dat dit wil terugkeer na Kaapstad Internasionale Lughawe.  Omdat die vliegtuig vol brandstof was, moes dit eers van die meeste van die brandstof ontslae raak om met die korrekte gewig te land. Volgens die vliegtuigvervaardiger, kan die vliegtuig nie met al die brandstof aan boord weer 'n landing doen as gevolg van die gewig en die hoë snelheid waarteen die landing uitgevoer moet word nie. Die bemanning het toe besluit om van die brandstof ontslae te raak en is hulle geklaar om die prosedure suid van Kaappunt uit te voer. Op die vliegroete kan gesien word dat daar van die brandtof onslae geraak is in 'n gebied sowat 5 km suid van Kaappunt en 35 km wes van Gansbaai.  'n Passasier op die vliegtuig het die foto geneem waar die vliegtuig van sy brandstof ontslae raak. Die rede vir die noodsein was dat die onderstel veiligheidsmeganisme (gear locking pin) nie van die neuswiel verwyder is deur die bemanning tydens die voorvlug inspeksie nie, wat tot gevolg gehad het dat die neuswiel nie  in die romp wou intrek nie, wat veroorsaak het dat die vliegtuig nie sy beplande vliegsnelheid op kruishoogte sou  kon bereik het, asook dat daar 'n verhoogde brandstof verbruik sou gewees het. Die vliegtuig het toe 45 ton kerosien (kragparafien) oor die see uitgelaat en die koste hieraan verbonde was in die orde van R630,000. Die vliegtuig het om 21:06 veilig geland op Kaapstad Internasionale Lughawe.
Mauritz du Plessis

NOODSEIN AIR FRANCE VLUG AF521

Mauritz du Plessis

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant