In Memoriam

In Memoriam

Gansbaai Courant

Monty Whitting, wat vanaf 1995 as ontwikkelaar en sakeman 'n groot rol in Gansbaai gespeel het, is Donderdagoggend,  5 Desember, na 'n lang stryd teen kanker oorlede. Sy lewensmaat van 10 jaar, Maryna, seun, Trevor en dogter, Alicia het hom tydens sy sterfte tuis bygestaan.

Monty is gebore op 10 September 1941 en het by Germiston Boys High gematrikuleer. Na matriek het hy hom bekwaam as elektrisiën en in 1964 te Welkom as bogrondse elektrisiën by St Helena Goudmyn begin werk. Na 'n skuif of twee het hy in 1971 verhuis waar hy vir 23 jaar 'n suksesvolle sakeman was.

Wyle Monty Whitting

Model Elektries (elektriese kontrakteurs) het tot 'n baie groot besigheid gegroei en al drie sy seuns het hulle ook by die firma aangesluit en is in verskillende elektriese velde opgelei. Dit het die besigheid baie veelsydig gemaak.

Monty het in 1994 sy seuns in beheer geplaas en na 'n karavaankuier in Gansbaai besluit om hom hier te vestig. Sy dogter, Alicia, was nog skoolgaande en het matriek by Hoërskool Hermanus voltooi. Sy het daarna ook by hul kantoor in Nelspruit aangesluit. Só kon Monty 'n toekoms en sakebelange aan al sy kinders voorsien.

Monty het homself opgewerk en volgens hom was daar baie arm swaarkry jare. "'n Mens moenie skaam wees om te sukkel nie, want dit bou karakter. As alles in die lewe té maklik kom, word dit nie gewaardeer nie," het Monty vroeër in 'n onderhoud met die Courant gesê. Monty sal onthou word tot sy groot bydrae as dryfveer tot die sukses van Gansbaai  se Kersliggies. Hy het ook die Fijnbossentrum, wat die eerste sakesentrum in Gansbaai was, gevestig.

Monty was baie presies en sy eiendomme en voertuie het hiervan getuig. Sy liefde vir motorfietsry was welbekend en dit was nie 'n vreemde gesig om hom op die langpad teë te kom nie. Monty laat Maryna en sy seuns, Monty, Trevor en Graham asook sy dogter, Alicia, agter.

Sy roudiens is op Dinsdag, 17 Desember, om 11:00 by die NG Kerk Gansbaai.

Francois de Jongh

In Memoriam

Mortimor Gilmour Monty Whitting

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant