Kersmark goed op dreef

Kersmark goed op dreef

Gansbaai Courant

Sedert die openingsdag op Saterdag, 7 Desember is die Kersmark vinnig besig om spoed op te tel. Ondanks die geweldige wind van Saterdag, het ‘n tou mense gereed gestaan om in te gaan, met ‘n besoeker wat gesê het: “Vergeet nou van die stormwind en maak oop die deure sodat ons kan inkom!”

Daar is weer eens ‘n groot verskeidenheid van geskenke en Kersgeskenke wat aangekoop kan word, asook die gebruiklike restaurant op die verhoog waar die innerlike versterk kan word. Die tema van vanjaar se pragtige en kunstige versiering van die voorportaal en verhoog is “ruimtelik” - pragtig en die moeite werd om te sien! Die Kersmark se bedryfsure is steeds elke weeksdag en Saterdae vanaf 09:00 tot 18:00. Sondae is dit gesluit. Bykomend is dat daar nog twee aandmarkte sal wees: Vrydag, 13 Desember en Vrydag, 20 Desember. Op hierdie twee dae sluit die Kersmark dus nie om 18:00 nie, maar eers om 21:00 wat dit gerieflik maak vir werkende mense. Die laaste geleentheid vir Kersinkopies is op Saterdag vanaf 08:00 tot 14:00, waarna vanjaar se Kersmark sal sluit.

Die organiseerders, Thys en Linda Cilliers bedank almal byvoorbaat vir die ondersteuning, asook die vrywillige werkers wat reeds lank voor die tyd baie hard gewerk het om alles in plek te kry. Vir navrae kan Linda by 082-722-8604 geskakel word en Thys by 083-654-9507.

Hardus Botha

Kersmark goed op dreef

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant