Kleuterpersoneel is Noodhulpgereed

Kleuterpersoneel is Noodhulpgereed

Gansbaai Courant

De Kleine Gansies se personeellede wat ‘n noodhulpkursus suksesvol deurloop het, met vlnr Annetjie Bauermeister, Mandy Phillips, Jessica Geldenhuys en Lanita Marais

Personeellede van De Kleine Gansies Kleuterskool het onlangs ‘n noodhulpkursus “bogemiddeld” suksesvol deurloop. Hulle is Lanita Marais, Annetjie Bauermeister, Mandy Phillips en Jessica Geldenhuys. Die kursus is deur Chantell Buys van Overstrand Medical Respons aangebied. Chantell sê die kursus behels die basiese opleiding in noodsituasies soos CPR indien iemand se hart sou gaan staan, hoe ‘n persoon wat verstik gehelp kan word en die basiese behandeling van wonde, asook die hantering van ‘n situasie indien daar ‘n baie ernstiger besering sou wees soos as iemand sou val en hy/sy rug of nek ernstig sou beseer. “Al drie kursusgangers het bo-goud behaal en het uitstekend gevaar met nie een onder 85% nie,” sê Chantell. “Almal van hulle het 100% vir die praktiese deel van die eksamen gekry, met Lanita Marais wat 100% vir haar prakties en teorie gekry.”

Chantell bied onder andere Noodhulp Vlak 1 (3 dae), Noodhulp Vlak 2 (4 dae) en Noodhulp Vlak 3 (5 dae). Belangstellendes kan haar gerus by 084-059-0045 vir navrae en/of besprekings kontak. “Groot groepe kry afslag en na-uurse klasse word ook op versoek aangebied, veral ten opsigte van besighede wat sou belangstel. Chantell kan ook vir spesiale pryse vir noodhulptoerusting vir kantore, skole en fabrieke gekontak word.

Met die personeellede se uitsonderlike prestasies, klink dit asof die ouers van De Kleine Gansies se kleuters beslis gerus kan voel oor moontlike beserings of verstikings onder die kleuters - iets wat altyd ‘n moontlikheid is met sulke woelwaters wat soms vinniger beweeg as wat die oog kan sien.  

Hardus Botha

Kleuterpersoneel is Noodhulpgereed

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant