One More Kersete

One More Kersete

Gansbaai Courant

Soos wat hierdie bejaardes ‘n smaaklike Kersete geniet wat deur die NG Vrouediens aangebied is, so is daar vele gesinne wat nie die voorreg van ‘n Kersete het nie, maar wat wel met behulp van die “One More Kersete” kan realiseer

BADISA Hermanus, Stanford en Gansbaai Maatskaplike Dienste het besluit om vanjaar by die Nasionale “One More” Veldtog aan te sluit - en wel om ‘n “One More Kersete” aan te bied. Die doel van hierdie aanbieding is om ‘n Kersete aan minderbevoorregtes op Tweede Kersdag beskikbaar te stel. Belangstellendes wat hierdie veldtog wil ondersteun, kan Kersetes op 26 Desember tussen 11:00 en 13:00 na die kantore van Gansbaai Maatskaplike Dienste, langs die Pretoriussaal en regoor die Caltex motorhawe, bring. Daar sal iemand aan diens wees om die etes in ontvangs te neem.

Formalite Bakkies vir die doel is in die voorportaal van die NG-gemeente se kerkgebou beskikbaar, asook by die kantore van Gansbaai Maatskaplike Dienste. Die ete word dan na voorafgereelde vrywillige verspreidingspunte geneem, waar voorafgereelde persone dit teen 14:00 sal gaan afhaal. Die Nasionale “One More Veldtog” maak onder ander voorsiening vir “One More family to feed; One More person to turn away from drugs or prostitution; One More frail, older person to be cared for; One More child to be protected”.

Gansbaai Maatskaplike Dienste se kontaknommer is 028-384-0151. 

Hardus Botha

One More Kersete

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant