Flower Valley Voorskool se gradeplegtigheid

Flower Valley Voorskool se gradeplegtigheid

Gansbaai Courant

Drie van die Flower Valley Voorskool se kinders het gegradueer, en sal van volgende jaar af laerskool toe gaan. Die drietjies het amptelik gegradueer gedurende die Flower Valley Voorskool se einde van die jaar konsert.

Melvin Botha en Johlene Fortuin sal volgende jaar hul laerskool onderrig op Laerskool Gansbaai voortsit, terwyl Johnay Moos ‘n plaaslike laerskool by Langverwacht sal bywoon.

Die 19 kindertjies in die Flower Valley Voorskool het ook ‘n konsert vir hul ouers opgevoer in Gansbaai as deel van die feesseisoen vieringe. Daarna het Kersvader ‘n draai gemaak, om die kinders te verras met geskenke. Die suksesvolle konsert het ook as ‘n fondsinsamelingsgeleentheid gedien, om verder die skool te ondersteun.

Die skool bied ‘n onderrig aan kinders tussen twee en ses, insluitend kinders van die plaaslike gemeenskappe.

Die skool se onderrig beklemtoon omgewingsopvoeding, en die skool is ‘n lid van die Eko-Skole Program. Die Eko-Skole kurrikulum sluit in temas soos: Die Natuur en Biodiversiteit, Gesonde Leefstyle en die Gebruik van Hulpbronne. Die 2013 Eko-Skole tema was: Water vir Almal.

Terwyl 2013 op ‘n positiewe noot geëindig het vir die Flower Valley Voorskool, lyk 2014 net so positief. Die skool het reeds 17 uit ‘n moontlike 20 lede bevestig om volgende jaar die skool by te woon. Die skool dien ook tans as ‘n demonstrasie skool onder ‘n breër vroeë kinderontwikkelings-program wat in die Gansbaai area uitrol.

Vir meer inligting oor die skool, kontak Natasha Forbes. Email: elc@flowervalley.co.za.

Flower Valley Voorskool se gradeplegtigheid

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant