Kwilt vir Yolanda

Kwilt vir Yolanda

Gansbaai Courant

Links en regs houvas Anita Huysamen en Sonja Rodgers die kwilt wat gewen is, met voor links Yolanda Rodgers, met die wenner, Irene van Blerk langs haar

‘n Pragtige kwilt is deur Anita Huysamen gemaak wat deur haar geskenk is om ten bate van Yolande Rodgers se Trustfonds uitgeloot te word. Die gelukkige wenner daarvan, Irene van Blerk van Danger Point, het dit in Vee’s Video in Hoofstraat in ontvangs geneem. Yolanda Rodgers het ‘n jaar gelede ‘n dubbele heupvervanging ondergaan nadat sy met rumatologiese artritis gediagnoseer is. “Al die kraakbene is daardeur vernietig en sy moes met ‘n rolstoel en krukke oor die weg kom,” vertel haar ma, Sonia Rodgers. “Die operasie was ‘n 100% sukses en sy kon ses weke na die operasie reeds sonder enige hulp loop en ‘n motor bestuur.”

Yolanda is tans redelik pynvry, maar bly onder behandeling deur Tygerberg Hospitaal.
Sonja sê sy is ook in ‘n internasionale navorsingsprogram vir artritis, onder leiding van prof Rheuter van Stellenbosch, opgeneem. “Yolanda en ons as familie sê baie dankie vir al die ondersteuning, fondsinsamelingsprojekte en gebede deur almal. Baie dankie ook aan die anonieme donateur wat, toe die krisis op sy hoogste was, binne ‘n oogwink R35,000 in haar Trustrekening inbetaal het. Vir ons was dit ‘n ware wonderwerk. Baie dankie aan die hele gemeenskap - sonder julle ondersteuning sou dit alles nooit moontlik kon wees nie.”

Hardus Botha

Kwilt vir Yolanda

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant